Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID AFRIKAANSE RADIO LIGA NUUS 1 FEBRUARIE 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, wat gelees word deur __________ (naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd in Afrikaans, en om 08:30 plaaslike tyd in Engels, landswyd 'n nuusbulletin uit ,
op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL.
'n Potgooi is ook beskikbaar op die Suid-Afrikaanseradioliga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Suid-Afrikaanseradioliga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word.
'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanmôre se bulletin met nuus van twee stilsleutels.

** Dit is met leedwese dat ons die heengaan van Jack Kerstein, ZS5KN, moet aankondig, Jack was `n ere lewenslangelid, van die Bloemfontein ARK.
Ons betuig ons innige meegevoel met sy vrou, familie en vriende

** Dit is ook met leedwese dat ons die afsterwe moet aankondig, van Jannie de Beer ZR6PHD om 16:00 op Maandag 26 Januarie.  Jannie was 'n fisiesgestremde amateur wat nogtans baie bygedra het tot amateurradio. Hy was lid van Pretoria Amateurradioklub en ook voorheen lid en 'n oudvoorsitter van MRK. Jannie het in 2001 'n "Jack Twine" toekenning ontvang. Hy was, tot sy gesondheid ingegee het, jare lank 'n bulletinvertaler en samesteller vir SARL Nuus. Ons betuig ons meegevoel aan sy vrou, Dina en sy twee dogters.

IN DIE NUUS VANDAG.

INTECHNET WEER TERUG OP DIE LUG OP DINSDAG 10 FEBRUARIE.
VOLGENDE SARL@HOME BY NARS.
CHRIS BURGER ZS6EZ VERWERF NOG `N ALL AFRICA TOEKENNING.
DURBAN RADIOAMATEURKLUB 90 JAAR OUD.

Bly ingeskakel hiervoor en nog ander interessante nuus.

** Die SARL se” Interactive Technical Network” of INTECHNET is weer op Dinsdag 10 Februarie om 19:30 terug op die lug. Die gasspreker, Herbert Teubner , algemene bestuurder van SINETECH, se aanbieding sal handel oor sonkrag vir radioamateurs. Hy sal verskillende sonpanele en hulle toepassings behandel, sowel as hoe sonkrag as rugsteun vir beurtkrag gebruik kan word. Dit is 'n op-die-lug bespreking wat jy nie wil misloop nie.
Klubs kan deurmiddel van `n landlyn aan die netwerk koppel deur `n e/pos te stuur aan artoday@sarl.org.za

** Die volgende SARL@HOME vind plaas op 7 Februarie om 14:00 by die Nasionale Amateurradiosentrum. Die SARL se 5MHz voortplantingprojek sal onder die loep geneem word deur Steward Moss ZS6GM, wat die nuutste vordering met teenwoordiges sal deel. Kom vind meer uit oor hoe WSPR werk , hoe om dit te installeer en hoe om by die navorsingsprojek aan te sluit. Jy kan ook sommer `n koppie tee of koffie en die lekker samesyn geniet.
Alle amateurs is welkom, met of sonder, ondervinding. Om reëlings tov. verversings te vergemaklik stuur `n e/pos na rta@sarl.org.za of kontak Vonnie by telefoonommer 011-675-2393.

Jy is ingeskakel op ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga en ons gaan nou voort met nuus vanaf die liga kantoor.

** Die sekretaris van die liga, Frits Sutherland, het laat weet dat aansoeke om lidmaatskap van die SARL van die volgende radioamateurs ontvang is:
Ian James Stanbridge, ZSL1133.
Edgar Morne Wallace, ZSL1134.
Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.
Lidmaatskaptal van die SARL is tans 1608 plus 36    geaffilieerde klubs

** Gedurende Januarie het Chris Burger ZS6EZ 'n aantal aansoeke vir die All Africa Award voorgelę. SARL-Toekenningsbestuurder Tjerk Lammers ZS6P, berig dat hy toekennings vir Teledrukker en vir elkeen van die 1,8, 10, 18 en 25 MHz-bande aan Chris toegeken het.
Chris hou reeds `n Vyfband-AAA, en die nuwe toekennings laat hom toe om op `n Negeband-AAA aanspraak te maak. Hy hou ook All Africa Awards op al drie modusse.
Chris vertel dat sy hoofuitdaging die nodige kontakte met ZS5 was. Op alvier bande was ZS5 die enigste roepseingebied wat Chris nie op die SA-QSL-stelsel bevestig gehad het nie. Hy het ou QSL-kaarte vir drie van die bande gehad. Die aansoek is vir 'n maand vertraag terwyl Chris vir 'n ZS5 op 10 MHz gesoek het. 'n Vlugtige kontak met ZS5J het hom uiteindelik in staat gestel, om die papierwerk voor te lę.
Die AAA wek heelwat belangstelling, en is 'n uitdagende doelwit vir enigiemand. Bevestigde kontakte met al die ZS-roepseingebiede en 25 DXCC-lande op die Afrikavasteland word vereis.
Tot op datum is al 1,720 ALL AFRICA AWARD Sertifikate uitgereik vanaf 1950 waarvan 176 Suid Afrikaanse amateurs was.



** Geluk aan die Durban amateurradioklub, met die viering vandag van hul 90ste verjaardag. Die heugelike dag word gevier met `n middagete, gedurende die klub se maandelikse byeenkoms wat vooraf gegaan word deur `n fotosessie. Die Durban Amateurradioklub was voorheen bekend as die “Durban Branch of the SARL” .
24 November 1924 het die eerste klubvergadering plaasgevind in Durban. Die oorspronklike teenwoordigheidsregister, wat inligting bevat van klubvergaderings, en `n naamlys van teenwoordiges tot 1934, is nog in `n goeie toestand. Klublede wie die 90ste verjaardag bywoon sal `n gelamineërde bywoningssertifikaat ontvang.
`n Terugblik oor die afgelope 50 jaar sal deur Louis ZS5LP aangebied word, waarin interessante dinge oor die tydperk, uitgelig sal word, soos vorige voorsitters, komitees en persone wie `n groot bydrae tot die voortbestaan van die klub gemaak het. Namens die Suid-Afrikaanseradioliganuusdiens , ook ons gelukwense met die 90 ste verjaardag van die DARC.

** Gedurende die naweek van 14 en 15 Februarie beplan die Overberg amateurradioklub, om `n veldstasie by die QTH van John ZS1DI, by Stanford op te rig. Die klub sal ook sy jaarlikse Algemene jaarvergadering hou. `n Bring en braai , jakkalsjag en `n gelukstrekking sal gehou word. Daar mag ook moontlik radiobeheerde karre wees, sowel as veldrenmotors.
Kampeergeriewe is beskikbaar en besoekers is baie welkom. Vir verder inligting kontak vir Andre by selfoonnommer 028-514-2018 of Sam by 072-729-1680 na 18:00.

** 10 Februarie is die dag waarop RAE klasse in die WesKaap in aanvang neem. Almal is welkom om die klasse by te woon , wat aangebied sal word in die “Oakdale Recreational Club”, in Bloemhofstraat , Oakdale / Bellville, elke Dinsdagaand van 19:00 tot 21:00. Vir meer inligting, kontak asb. vir Karl op selfoonnommer 083-955-7177 of per e/pos by karlc@telkomsa.net


** `n Spesiale versoek word gerig aan diegene wie aan die 144,400 MHz FM kategorie van die afgelope PEARS BHF/UHF kompetisie deelgeneem het. `n 2 Meter 70 cm. Yagi antenna terwaarde van R850, wag op die wenners van afdelings 1, 2, 5 en 6. Jy sal 10 punte kry vir `n stasie gewerk in jou eie afdeling en 20 punte vir `n ander afdeling.
Wend asb. `n ernstige poging aan om jou logstaat in te dien. Dit moet die datum, tyd en stasie gewerk bevat. Jou logstaat is ook nodig vir PEARS, om die voetspoor van BHF aktiwiteite in Suid-Afrika te ontleed en te evalueer. Die sluitingsdatum vir logstate is Sondag 15 Februarie. Die doel van die katergorie is om die jongergarde, aan te moedig om meer aktief by BHF werking betrokke te raak.

** Die Oppervlakgemonteerde Tegnologie werkswinkel wat by die Nasionale radioamateursentrum op 7 Februarie 2015 sou plaasvind , is gekanselleer agv. van swak belangstelling. `n Nuwe datum sal oorweeg word, sou daar enige toekomstige belangstelling wees. Belangstellendes kan `n e/pos stuur aan rta@sarl.org.za

** Die SARL Jeugnet word vandag om 15:00 aangebied. Kom sluit aan by die gesprek op 7070 kHz, wat sal handel oor “Wat radio vir my beteken”. Nooi `n jongpersoon na jou radiokamer, sodat hy of sy onder jou toesig , as gelisensieërde radioamateur, ook aan die gesprek kan deelneem.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig tot hoog gaan wees. Nuwe Sonvlek AR2277 kan die bron van M-klas sonfakkels wees.
Die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 113 vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen.
Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.
Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


DAGBOEK

1 Februarie – DARC 90ste verjaardag.
1 Februarie –Jeugnet vandag om 15:00.
5 Februarie – HABEX vlugmissie vergadering by die ERB klubhuis en laaste dag vir
INTECNET landlyn bespreking.
7 Februarie – SARL@HOME.
7 & 8 Februarie – AWA gelykgolfdag.
10 Februarie – Weskaap RAE klasse neem in aanvang by die Oakdale Recreational Club.
13 Februarie – Internasionale Radiodag.
14 / 15 Februarie – Overberg veldstasie op die lug.
14 / 15 Februarie – Nasionale velddag.
14 /15 Maart – Afrika alle modusse Internasionale DXCC kompetisie.
15 Februarie – Laaste dag vir indiening van PEARS logstate.
9 April – Laaste dag vir registrasie vir die Mei RAE .

Om die bulletin mee af te sluit,`n terugblik op ons hoof nuusitem.

** Die SARL se” Interactive Technical Network” of INTECHNET is weer op Dinsdag 10 Februarie om 19:30 terug op die lug. Die gasspreker, Herbert Teubner , algemene bestuurder van SINETECH, se aanbieding sal handel oor sonkrag vir radioamateurs


** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die “newsinbox” skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4895 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapport, kommentaar en voorstelle. Stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat saamgestel is deur Johann du Plessis ZS6PSS, geredigeer deur Dawie ZR6DHC en gelees was deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX







Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003